Ons Missie

• Om eerstens jou roeping as ‘n gelowige hier in Australië te kom uitleef.
Ons glo dat die Here ons as gelowiges uit Suid-Afrika hier geroep het om in Sy Koninkryk in mekaar se lewens diensbaar te wees.
• Tweedens,  bely ons openlik dat ons mekaar in hierdie land nodig het.  Dit is nie nodig om ‘n front voor te hou dat ons met alles “cope” nie.  Baie dinge is vreemd en bly vreemd, maar saam kan ons dit ‘n ander kleur, geur en diepte gee.
Ons wil met ‘n oop gesig en in ‘n ontspanne atmosfeer die dinge wat ons deurwerk met mekaar deel, met raad bedien, ondersteuning en hulp gee.
•  Ons moet vir mekaar net ‘n oproep weg wees.  Daar is natuurlik plek om netwerke te bou, wat jouself op die regte pad hou en ander immigrante wat hier aankom ‘n hulpstootjie in die regte rigting gee.
Ons enerse geloofsoortuigings, herkoms, taal, belangstellings en kultuur maak dit vir ons moontlik om daadwerklik daarmee te begin om hegter bande en selfs vriendskappe te vorm.